125. Ek is u kneg; maak my verstandig, dat ek u getuienisse kan ken.
126. Dit is tyd vir die Here om te handel: hulle het u wet verbreek.
127. Daarom het ek u gebooie lief, meer as goud, ja, as baie fyn goud.
128. Daarom hou ek al die bevele aangaande alles vir reg; elke leuenpad haat ek.
129. U getuienisse is wonderbaar; daarom bewaar my siel hulle.
130. Die opening van u woorde gee lig; dit maak die eenvoudiges verstandig.
131. Ek maak my mond wyd oop en hyg, want na u gebooie verlang ek.