118. U verag almal wat van u insettinge afdwaal, want hulle bedrieëry is leuens.
119. U ruim al die goddelose van die aarde weg soos skuim; daarom het ek u getuienisse lief.
120. My vlees sidder van skrik vir U, en ek vrees vir u oordele.
121. Ek het reg en geregtigheid gedoen: gee my nie oor aan my verdrukkers nie.
122. Wees borg vir u kneg ten goede; laat vermeteles my nie verdruk nie.
123. My oë smag na u heil en na die belofte van u geregtigheid.
124. Handel met u kneg na u goedertierenheid, en leer my u insettinge.
125. Ek is u kneg; maak my verstandig, dat ek u getuienisse kan ken.