Psalms 119:10-20 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

10. Ek soek U met my hele hart; laat my nie afdwaal van u gebooie nie.

11. Ek het u woord in my hart gebêre, dat ek teen U nie sal sondig nie.

12. Lofwaardig is U, o Here! Leer my u insettinge!

13. Ek het met my lippe vertel al die verordeninge van u mond.

14. Ek is vrolik in die weg van u getuienisse soos oor allerhande rykdom.

15. Ek wil u bevele oordink en op u paaie let.

16. Ek sal my verlustig in u insettinge, u woord sal ek nie vergeet nie.

17. Doen goed aan u kneg, sodat ek kan lewe; dan wil ek u woord bewaar.

18. Open my oë, dat ek kan sien die wonders uit u wet.

19. Ek is ’n vreemdeling op die aarde; verberg u gebooie nie vir my nie.

20. My siel vergaan van verlange na u verordeninge altyddeur.

Psalms 119