Psalms 118:6-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

6. Die Here is vír my; ek sal nie vrees nie: wat kan ’n mens my doen?

7. Die Here is vír my as my helper; so sal ék dan neersien op die wat my haat.

8. Dit is beter om by die Here te skuil as om op mense te vertrou.

9. Dit is beter om by die Here te skuil as om op edeles te vertrou.

10. Al die heidene het my omsingel; dit is in die Naam van die Here dat ek hulle stukkend gekap het.

11. Hulle het my omsingel, ja, hulle het my omsingel; dit is in die Naam van die Here dat ek hulle stukkend gekap het.

Psalms 118