4. Laat die wat die Here vrees, dan sê dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is!
5. Uit die benoudheid het ek die Here aangeroep; die Here het my verhoor in die ruimte.
6. Die Here is vír my; ek sal nie vrees nie: wat kan ’n mens my doen?
7. Die Here is vír my as my helper; so sal ék dan neersien op die wat my haat.
8. Dit is beter om by die Here te skuil as om op mense te vertrou.
9. Dit is beter om by die Here te skuil as om op edeles te vertrou.
10. Al die heidene het my omsingel; dit is in die Naam van die Here dat ek hulle stukkend gekap het.