16. Die regterhand van die Here verhef; die regterhand van die Here doen kragtige dade.
17. Ek sal nie sterwe nie, maar lewe en die werke van die Here vertel.
18. Die Here het my hard gekasty, maar my aan die dood nie oorgegee nie.
19. Maak oop vir my die poorte van die geregtigheid; ek wil daardeur ingaan, ek wil die Here loof.
20. Dit is die poort van die Here; regverdiges mag daardeur ingaan.
21. Ek wil U loof, omdat U my verhoor het en my tot heil geword het.
22. Die steen wat die bouers verwerp het, het ’n hoeksteen geword.
23. Dit het van die Here gekom; dit is wonderbaar in ons oë.
24. Dit is die dag wat die Here gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees.
25. Ag, Here, gee tog heil; ag, Here, gee tog voorspoed!
26. Geseënd is hy wat kom in die Naam van die Here! Ons seën julle uit die huis van die Here.
27. Die Here is God, en Hy het vir ons lig gegee. Bind die feesoffer met toue, tot by die horings van die altaar.
28. U is my God, en ek wil U loof; o my God, ek wil U verhoog.
29. Loof die Here, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid!