Psalms 115:4-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. Hulle afgode is silwer en goud, ’n werk van mensehande.

5. Hulle het ’n mond, maar praat nie; hulle het oë, maar sien nie;

6. ore het hulle, maar hoor nie; hulle het ’n neus, maar ruik nie;

7. hande, maar hulle tas nie; voete, maar hulle loop nie; hulle gee geen geluid deur hul keel nie.

8. Die wat hulle maak, sal net soos hulle word — elkeen wat op hulle vertrou.

9. Israel, vertrou op die Here: Hy is hulle hulp en hulle skild!

Psalms 115