Psalms 114:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. TOE Israel uit Egipte getrek het, die huis van Jakob uit ’n volk met ’n vreemde taal,

2. het Juda sy heiligdom geword, Israel sy ryksgebied.

3. Die see het dit gesien en gevlug; die Jordaan het agteruitgewyk.

4. Die berge het rondgespring soos ramme, die heuwels soos lammers.

5. Wat is dit met jou, o see, dat jy vlug? o Jordaan, dat jy agteruitwyk?

6. o Berge, dat julle rondspring soos ramme? o Heuwels, soos lammers?

Psalms 114