4. Sajin. Vir die opregtes gaan Hy op as ’n lig in die duisternis: Get. genadig en barmhartig en regverdig.
5. Tet. Gelukkig die man wat hom ontferm en uitleen, Jod. wat sy sake volgens reg besorg.
6. Kaf. Want hy sal nooit wankel nie; Lamed. die regverdige sal in ewige gedagtenis wees.
7. Mem. Hy vrees nie vir slegte tyding nie; Noen. sy hart is gerus, vol vertroue op die Here.
8. Samek. Vas is sy hart, hy vrees nie, Ajin. totdat hy op sy teëstanders neersien.