5. Die Here toets die regverdige; maar sy siel haat die goddelose en die wat geweld liefhet.
6. Hy sal op die goddelose vangnette, vuur en swawel laat reën; en ’n gloeiende wind sal die deel van hulle beker wees.
7. Want die Here is regverdig; Hy het geregtighede lief; die opregtes sal sy aangesig sien.