2. My hart is gerus, o God! Ek wil sing en psalmsing, ja, ook my eer.
3. Waak op, harp en siter! Ek wil die dageraad wakker maak.
4. Ek wil U loof onder die volke, o Here, en psalmsing tot u eer, onder die nasies;
5. want u goedertierenheid is groot bo die hemel uit en u trou tot by die wolke.
6. Verhef U bo die hemele, o God, en u heerlikheid bo die hele aarde!
7. Dat u bemindes gered kan word — verlos deur u regterhand en verhoor ons!
8. God het gespreek in sy heiligdom: Ek wil jubel, Ek wil Sigem verdeel en die dal van Sukkot afmeet.
9. Gílead is myne, Manasse is myne, en Efraim is die beskutting van my hoof; Juda is my veldheerstaf.
10. Moab is my waskom; op Edom werp Ek my skoen; oor Filistéa jubel Ek.
11. Wie sal my bring in die versterkte stad? Wie lei my tot in Edom?
12. Het U, o God, ons nie verwerp nie? En U trek nie uit, o God, saam met ons leërs nie.
13. Gee ons hulp teen die vyand, want die mens se hulp is vergeefse moeite.