31. Laat hulle die Here loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders.
32. En laat hulle Hom verhoog in die vergadering van die volk en Hom roem in die kring van die oudstes.
33. Hy het riviere ’n woestyn gemaak en waterfonteine ’n dorsland,
34. vrugbare land ’n brak aarde, oor die boosheid van die wat daarin woon.
35. Hy het die woestyn ’n waterplas gemaak en die dor land waterfonteine;
36. en Hy het hongeriges daar laat bly, en hulle het ’n stad gestig om in te woon.
37. En hulle het lande gesaai en wingerde geplant wat vrugte as opbrings verskaf het.
38. En Hy het hulle geseën, sodat hulle sterk vermenigvuldig het, en hulle vee het Hy nie min gemaak nie.
39. Toe het hulle min geword en weggesink deur die druk van onheil en kommer —
40. Hy wat veragting uitstort oor edeles en hulle laat dwaal in ’n woeste wêreld, sonder pad —
41. Hy het die behoeftige beskerm teen verdrukking en die geslagte soos kuddes gemaak.
42. Die opregtes sien dit en is bly, maar alle ongeregtigheid hou sy mond toe.
43. Wie wys is, laat hy op hierdie dinge ag gee, en laat hulle let op die goedertierenhede van die Here.