Psalms 107:14-20 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

14. Hy het hulle uit duisternis en doodskaduwee laat uitgaan en hulle bande verbreek.

15. Laat hulle die Here loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders;

16. want Hy het koperdeure verbreek en ystergrendels stukkend geslaan.

17. Die wat dwase was vanweë die weg van hulle oortreding en weens hulle ongeregtighede gepynig is —

18. hulle siel het ’n afsku gehad van elke soort voedsel, en hulle het tot by die poorte van die dood gekom.

19. Toe het hulle die Here aangeroep in hul benoudheid; uit hul angste het Hy hulle verlos.

20. Hy het sy woord uitgestuur, dat Hy hulle kon gesond maak en hulle uit hul kuile red.

Psalms 107