Psalms 106:26-29 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

26. Toe het Hy sy hand teen hulle opgehef om hulle neer te slaan in die woestyn,

27. en om hulle nageslag te versprei onder die nasies en hulle te verstrooi in die lande.

28. Ook het hulle hul aan Baäl-Peor gekoppel en die offerandes aan die dooies geëet;

29. en hulle het die Here geterg deur hul dade, sodat ’n plaag onder hulle uitgebreek het.

Psalms 106