20. En hulle het hul Heerlikheid verruil vir die afbeelding van ’n bees wat gras eet.
21. Hulle het God vergeet, hulle Verlosser, wat groot dinge gedoen het in Egipte,
22. wonders in die land van Gam, vreeslike dinge by die Skelfsee.
23. Toe het Hy gesê dat Hy hulle sou verdelg, as Moses, sy uitverkorene, nie voor sy aangesig in die bres gaan staan het om sy grimmigheid af te keer, dat Hy nie sou vernietig nie.
24. Hulle het ook die kosbare land versmaad, sy woord nie geglo nie;
25. en hulle het gemurmureer in hul tente, na die stem van die Here nie geluister nie.
26. Toe het Hy sy hand teen hulle opgehef om hulle neer te slaan in die woestyn,
27. en om hulle nageslag te versprei onder die nasies en hulle te verstrooi in die lande.
28. Ook het hulle hul aan Baäl-Peor gekoppel en die offerandes aan die dooies geëet;
29. en hulle het die Here geterg deur hul dade, sodat ’n plaag onder hulle uitgebreek het.
30. Toe het Pínehas opgetree en gerig geoefen, en die plaag het opgehou;
31. en dit is hom gereken tot geregtigheid, van geslag tot geslag tot in ewigheid.
32. Hulle het Hom ook vertoorn by die waters van Mériba, en dit het met Moses sleg gegaan om hulle ontwil;
33. want hulle was wederstrewig teen sy Gees, sodat hy onverskillig gepraat het met sy lippe.