Psalms 106:14-22 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

14. En hulle het baie begerig geword in die woestyn en God versoek in die wildernis.

15. Toe het Hy hulle gegee wat hulle gevra het, maar in hulle siel ’n maerte gestuur.

16. En hulle was in die laer afgunstig op Moses, op Aäron, die heilige van die Here.

17. Die aarde het oopgegaan en Datan verslind en die bende van Abíram oordek.

18. En ’n vuur het gebrand onder hulle bende, ’n vlam die goddelose aan die brand gesteek.

19. Hulle het by Horeb ’n kalf gemaak en gebuig voor ’n gegote beeld.

20. En hulle het hul Heerlikheid verruil vir die afbeelding van ’n bees wat gras eet.

21. Hulle het God vergeet, hulle Verlosser, wat groot dinge gedoen het in Egipte,

22. wonders in die land van Gam, vreeslike dinge by die Skelfsee.

Psalms 106