Psalms 106:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. HALLELUJA! Loof die Here, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

2. Wie kan die magtige dade van die Here uitspreek, al sy roem verkondig?

3. Welgeluksalig is hulle wat die reg bewaar, die wat altyd geregtigheid doen.

4. Dink aan my, o Here, na die welbehae in u volk, besoek my met u heil,

Psalms 106