Psalms 104:26-30 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

26. Daar gaan die skepe en die Leviátan wat U geformeer het om daarin te speel.

27. Hulle almal wag op U, dat U hulle voedsel kan gee op die regte tyd.

28. U gee dit aan hulle, hulle tel dit op; U maak u hand oop, hulle word versadig met die goeie.

29. U verberg u aangesig, hulle word verskrik; U neem hulle asem weg, hulle sterwe en keer terug tot hul stof.

30. U stuur u Gees uit, hulle word geskape; en U maak die gelaat van die aarde nuut.

Psalms 104