Psalms 103:10-18 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

10. Hy handel met ons nie na ons sondes en vergeld ons nie na ons ongeregtighede nie.

11. Want so hoog as die hemel is bo die aarde, so geweldig is sy goedertierenheid oor die wat Hom vrees.

12. So ver as die ooste verwyderd is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons.

13. Soos ’n vader hom ontferm oor die kinders, so ontferm die Here Hom oor die wat Hom vrees.

14. Want Hy, Hy weet watter maaksel ons is, gedagtig dat ons stof is.

15. Die mens — soos die gras is sy dae; soos ’n blom van die veld, so bloei hy.

16. As die wind daaroor gaan, is dit nie meer nie en sy plek ken hom nie meer nie.

17. Maar die goedertierenheid van die Here is van ewigheid tot ewigheid oor die wat Hom vrees, en sy geregtigheid vir kindskinders,

18. vir die wat sy verbond hou en aan sy bevele dink om dié te doen.

Psalms 103