7. Ek is soos ’n pelikaan van die woestyn, ek het geword soos ’n uil op die puinhope.
8. Ek is slapeloos en het geword soos ’n eensame voël op die dak.
9. Die hele dag smaad my vyande my; die wat teen my raas, gebruik my naam as ’n vloek.
10. Want ek eet as soos brood en meng my drank met trane,
11. vanweë u grimmigheid en u toorn; want U het my opgehef en my weggewerp.
12. My dae is soos ’n skaduwee wat lank geword het, en ek, soos die plante verdor ek.
13. Maar U, o Here, U bly tot in ewigheid, en u gedenknaam van geslag tot geslag.
14. Ú sal opstaan, U oor Sion ontferm; want dit is tyd om hom genadig te wees, want die bestemde tyd het gekom.
15. Want u knegte het sy klippe lief en het medelyde met sy puin.
16. Dan sal die heidene die Naam van die Here vrees en al die konings van die aarde u heerlikheid;
17. omdat die Here Sion opgebou het, in sy heerlikheid verskyn het,
18. Hom gewend het tot die gebed van wie ontbloot is, en hulle gebed nie verag het nie.