Psalms 102:26-29 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

26. In die voortyd het U die aarde gegrondves, en die hemele is die werk van u hande.

27. Húlle sal vergaan, maar Ú sal bly; ja, hulle almal sal soos ’n kleed verslyt; U verwissel hulle soos ’n kledingstuk, en hulle verdwyn.

28. Maar U bly dieselfde, en u jare het geen einde nie.

29. Die kinders van u knegte sal woon, en hulle nageslag sal voor u aangesig bly bestaan.

Psalms 102