15. Want u knegte het sy klippe lief en het medelyde met sy puin.
16. Dan sal die heidene die Naam van die Here vrees en al die konings van die aarde u heerlikheid;
17. omdat die Here Sion opgebou het, in sy heerlikheid verskyn het,
18. Hom gewend het tot die gebed van wie ontbloot is, en hulle gebed nie verag het nie.
19. Dit sal vir die volgende geslag opgeskrywe word, en die volk wat geskape gaan word, sal die Here loof;
20. omdat Hy van sy heilige hoogte neergesien het, die Here uit die hemel op die aarde gelet het,
21. om die gekerm van die gevangene te hoor, om los te maak die kinders van die dood;
22. sodat hulle in Sion die Naam van die Here kan vermeld en sy lof in Jerusalem,
23. as die volke almal saam vergader, ook die koninkryke om die Here te dien.
24. Hy het my krag op die weg swak gemaak, my dae verkort.
25. My God, sê ek, neem my nie weg in die helfte van my dae nie — u jare is van geslag tot geslag!
26. In die voortyd het U die aarde gegrondves, en die hemele is die werk van u hande.
27. Húlle sal vergaan, maar Ú sal bly; ja, hulle almal sal soos ’n kleed verslyt; U verwissel hulle soos ’n kledingstuk, en hulle verdwyn.
28. Maar U bly dieselfde, en u jare het geen einde nie.