Psalms 102:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. ’n GEBED van ’n ellendige as hy beswyk en sy klagte uitstort voor die aangesig van die Here.

2. o Here, hoor my gebed, en laat my hulpgeroep tot by U kom!

3. Verberg u aangesig nie vir my op die dag as ek in benoudheid is nie; neig u oor tot my; op die dag as ek roep, verhoor my gou!

4. Want my dae verdwyn soos rook en my gebeente gloei soos ’n vuurherd.

Psalms 102