Psalms 101:4-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. ’n Verkeerde hart moet ver van my af bly; wat kwaad is, wil ek nie ken nie.

5. Hy wat heimlik van sy naaste kwaad spreek, hom sal ek vernietig; hy wat hoog van oë is en trots van hart, hom verdra ek nie.

6. My oë sal wees op die getroues in die land, dat hulle by my kan woon; hy wat wandel in die weg van opregtheid, dié mag my dien.

7. Hy wat bedrog pleeg, mag binne-in my huis nie bly nie; wie leuens praat, kan voor my oë nie bestaan nie.

Psalms 101