Psalms 101:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. VAN Dawid. ’n Psalm.Ek wil sing van goedertierenheid en reg; tot u eer wil ek psalmsing, o Here!

2. Ek wil ag gee op regskape wandel — wanneer sal U na my kom? Ek wandel in die opregtheid van my hart, binne-in my huis.

3. Ek stel geen lae ding voor my oë nie; die dade van afvalliges haat ek; dié sal my nie aankleef nie.

4. ’n Verkeerde hart moet ver van my af bly; wat kwaad is, wil ek nie ken nie.

5. Hy wat heimlik van sy naaste kwaad spreek, hom sal ek vernietig; hy wat hoog van oë is en trots van hart, hom verdra ek nie.

Psalms 101