Prediker 9:4-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. Want solank as iemand by al die lewendes behoort, is daar hoop; want ’n lewendige hond is beter as ’n dooie leeu.

5. Want die lewendes weet dat hulle moet sterwe, maar die dooies weet glad niks nie, en hulle het geen loon meer nie, want hulle nagedagtenis word vergeet.

6. Hulle liefde sowel as hulle haat, ook hulle naywer, het lankal verdwyn, en hulle het vir ewig geen deel meer aan alles wat gebeur onder die son nie.

7. Gaan dan heen, eet jou brood met vreugde, en drink jou wyn met ’n vrolike hart, want God het lankal behae in jou werke.

8. Laat jou klere altyd wit wees, en laat olie op jou hoof nie ontbreek nie.

Prediker 9