12. Daar is ’n smartlike onheil wat ek onder die son gesien het: rykdom wat deur sy besitter bewaar word tot sy eie ongeluk.
13. Gaan hierdie rykdom verlore deur ’n ongeval, en het hy ’n seun verwek, dan besit dié niks nie.
14. Soos hy uit die skoot van sy moeder uitgegaan het, gaan hy naak weer heen soos hy gekom het; en hy sal vir sy moeitevolle arbeid niks wegdra wat hy met hom kan saamneem nie.
15. So is dit dan ook ’n smartlike onheil: net soos hy gekom het, so sal hy heengaan; watter voordeel het hy dan dat hy hom vermoei het vir wind?
16. Ook eet hy sy lewe lank in duisternis en het baie ergernis; daarby sy lyding en toorn!
17. Kyk, wat ek as ’n goeie ding gesien het, wat voortreflik is, is dat iemand eet en drink en die goeie geniet vir al sy arbeid waarmee hy hom vermoei onder die son gedurende die getal van sy lewensdae wat God hom gee; want dit is sy deel.