1. WEES nie haastig met jou mond nie, en laat jou hart nie gou ’n woord uitbring voor die aangesig van God nie; want God is in die hemel, en jy op die aarde. Daarom moet jou woorde min wees.
2. Want soos die droom kom deur baie drukte, so die gepraat van die dwaas deur baie woorde.
3. As jy ’n gelofte aan God gedoen het, stel nie uit om dit te betaal nie, want daar is geen welgevalle in dwase nie. Betaal wat jy belowe.
4. Dit is beter dat jy nie belowe nie as dat jy belowe en nie betaal nie.
5. Laat jou mond nie toe om op jou liggaam ’n sondeskuld te laai nie, en sê nie voor die gesant van God: Dit was ’n vergissing nie. Waarom moet God toornig word oor jou stem en die werk van jou hande verwoes?