1. DOOIE vlieë laat die salf van die apteker stink en bederwe; ’n bietjie dwaasheid weeg swaarder as wysheid, as eer.
2. Die hart van die wyse is na regs, maar die hart van ’n dwaas is na links.
3. Ja, ook as die dwaas op die weg wandel, ontbreek sy verstand; en hy sê aan elkeen dat hy ’n dwaas is.