2. Alles tevergeefs, sê die Prediker, alles tevergeefs, dit is alles tevergeefs!
3. Watter voordeel het die mens van al sy moeite waarmee hy hom vermoei onder die son?
4. Die een geslag gaan, en die ander geslag kom, en die aarde bly vir ewig staan.
5. En die son gaan op, en die son gaan onder, en hy hyg na die plek waar hy opgaan.
6. Die wind gaan na die suide en slaan om na die noorde, gaan altyddeur rond, en die wind keer na sy kringloop terug.
7. Al die strome loop in die see, en tog word die see nie vol nie; na die plek waarheen die riviere loop, daarheen loop hulle altyd weer.
8. Al die dinge is so vermoeiend, geen mens kan dit uitspreek nie; die oog kry nie genoeg van sien nie, en die oor word nie vol van hoor nie.
9. Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
10. Is daar iets waarvan ’n mens kan sê: Kyk hier, dit is nuut? Dit was lankal daar in die ou tyd wat voor ons gewees het.
11. Daar is geen nagedagtenis van die voorvaders nie; en ook van die nageslagte wat kom, sal daar geen nagedagtenis wees by die wat later sal wees nie.
12. EK, Prediker, was koning oor Israel in Jerusalem.