1. EN ek het in die regterhand van Hom wat op die troon sit, ’n boek gesien, van binne en van buite beskrywe en met sewe seëls goed verseël.
2. En ek het ’n sterk engel gesien wat met ’n groot stem uitroep: Wie is waardig om die boek oop te maak en sy seëls te breek?
3. En niemand in die hemel of op die aarde of onder die aarde kon die boek oopmaak of daarin kyk nie.