9. En jy moet die Leviete voor die tent van samekoms laat nader kom en die hele vergadering van die kinders van Israel versamel.
10. Dan moet jy die Leviete voor die aangesig van die Here laat nader kom, en die kinders van Israel moet hulle hande op die Leviete lê.
11. En Aäron moet die Leviete as beweegoffer beweeg voor die aangesig van die Here namens die kinders van Israel, sodat hulle daar kan wees om die dienswerk van die Here te verrig.
12. En die Leviete moet hulle hande op die kop van die bulle lê; en berei jy een as sondoffer en een as brandoffer vir die Here, om vir die Leviete versoening te doen.
13. Dan moet jy die Leviete stel voor Aäron en sy seuns en hulle as beweegoffer aan die Here beweeg.
14. En jy moet die Leviete onder die kinders van Israel uit afsonder, dat die Leviete myne kan wees.
15. En daarna moet die Leviete inkom om die tent van samekoms te bedien. So moet jy hulle dan reinig en hulle as beweegoffer beweeg.
16. Want hulle is heeltemal aan My gegee onder die kinders van Israel uit, in die plek van alles wat die moederskoot open — al die eersgeborenes uit die kinders van Israel — het Ek hulle vir My geneem.
17. Want al die eersgeborenes onder die kinders van Israel is myne, van mense en van diere; op die dag toe Ek al die eersgeborenes in Egipteland getref het, het Ek hulle vir My geheilig.
18. En Ek het die Leviete in die plek van al die eersgeborenes onder die kinders van Israel geneem