5. EN die Here het met Moses gespreek en gesê:
6. Neem die Leviete onder die kinders van Israel uit en reinig hulle.
7. En so moet jy met hulle doen om hulle te reinig: Sprinkel op hulle water van ontsondiging; en hulle moet ’n skeermes oor hulle hele liggaam laat gaan en hulle klere was en hulleself reinig.
8. Daarna moet hulle ’n jong bul neem en die spysoffer wat daarby behoort: fynmeel met olie gemeng; en ’n ander jong bul moet jy as sondoffer neem.
9. En jy moet die Leviete voor die tent van samekoms laat nader kom en die hele vergadering van die kinders van Israel versamel.