1. EN die Here het met Moses gespreek en gesê:
2. Spreek met Aäron en sê vir hom: As jy die lampe opsteek, moet die sewe lampe aan die voorkant van die kandelaar lig gee.
3. En Aäron het so gedoen: aan die voorkant van die kandelaar het hy dié lampe opgesteek soos die Here Moses beveel het.
4. En dit was die maaksel van die kandelaar: dryfwerk uit goud; selfs sy voetstuk en sy blomme was dryfwerk; volgens die beeltenis wat die Here aan Moses getoon het, so het hy die kandelaar gemaak.
5. EN die Here het met Moses gespreek en gesê:
6. Neem die Leviete onder die kinders van Israel uit en reinig hulle.
7. En so moet jy met hulle doen om hulle te reinig: Sprinkel op hulle water van ontsondiging; en hulle moet ’n skeermes oor hulle hele liggaam laat gaan en hulle klere was en hulleself reinig.