76. een bokram as sondoffer;
77. en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Págiël, die seun van Ogran.
78. Op die twaalfde dag die owerste van die kinders van Náftali, Ahíra, die seun van Enan.
79. Sy offer was: een silwerskottel, honderd-en-dertig sikkels in gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer;
80. een rookpan van tien sikkels goud, vol reukwerk;
81. een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer;
82. een bokram as sondoffer;
83. en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Ahíra, die seun van Enan.
84. Dit was die inwydingsgawe van die altaar van die kant van Israel se owerstes op die dag toe dit gesalf is: twaalf silwerskottels, twaalf silwerkomme, twaalf goue rookpanne —
85. elke skottel honderd-en-dertig sikkels silwer, en elke kom sewentig; al die silwer van die goed was tweeduisend-vierhonderd volgens die sikkel van die heiligdom —
86. twaalf goue rookpanne, vol reukwerk; elke rookpan tien sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; al die goud van die rookpanne was honderd-en-twintig sikkels.
87. Al die beeste vir die brandoffer was twaalf bulle; die ramme twaalf, die jaaroud lammers twaalf, met hulle spysoffer; en twaalf bokramme as sondoffer.
88. En al die beeste vir die dankoffer was vier-en-twintig bulle; die ramme sestig, die bokramme sestig, die jaaroud lammers sestig. Dit is die inwydingsgawe van die altaar nadat dit gesalf is.