Númeri 7:37-41 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

37. Sy offer was: een silwerskottel, honderd-en-dertig sikkels in gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer;

38. een rookpan van tien sikkels goud, vol reukwerk;

39. een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer;

40. een bokram as sondoffer;

41. en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Selúmiël, die seun van Surísaddai.

Númeri 7