20. Maar as jy, terwyl jy aan jou man toebehoort het, afgewyk en jou verontreinig het deurdat ’n man behalwe jou eie man met jou vleeslike gemeenskap gehad het —
21. so moet dan die priester die vrou met die eed van vervloeking besweer, en die priester moet aan die vrou sê: Mag die Here jou tot ’n vervloeking en ’n verwensing maak onder jou volk deurdat die Here jou heup laat inval en jou skoot laat opswel;
22. en mag hierdie water wat die vloek bring, in jou ingewande ingaan om die skoot te laat opswel en die heup te laat inval. Dan moet die vrou sê: Amen, amen!
23. Daarna moet die priester hierdie vervloekinge op ’n blad skrywe en dit in die water van bitter smart uitwis;
24. en hy moet die vrou laat drink die water van bitter smart wat die vloek bring, sodat die water wat die vloek bring, in haar kan ingaan tot bitter smart.
25. En die priester moet uit die hand van die vrou die spysoffer van jaloersheid neem en die spysoffer voor die aangesig van die Here beweeg en dit na die altaar bring.