14. Want die stam van die kinders van die Rubeniete volgens hulle families en die stam van die kinders van die Gadiete volgens hulle families en die halwe stam van Manasse het al ontvang — hulle het hul erfdeel ontvang.
15. Die twee stamme en die halwe stam het hulle erfdeel aan die oostekant van die Jordaan van Jérigo, teen sonop, ontvang.
16. Verder het die Here met Moses gespreek en gesê:
17. Dit is die name van die manne wat vir julle die land as erfenis moet verdeel: die priester Eleásar en Josua, die seun van Nun.
18. Daarby moet julle uit elke stam een owerste neem om die land as erfenis te verdeel.
19. En dit is die name van die manne: van die stam van Juda — Kaleb, die seun van Jefúnne;
20. en van die stam van Símeon se kinders — Sémuel, die seun van Ámmihud;
21. van die stam van Benjamin — Elídad, die seun van Kislon;
22. en van die stam van Dan se kinders as owerste — Bukki, die seun van Jogli;