29. En hulle het van Mitka af opgebreek en laer opgeslaan in Hasmóna.
30. En hulle het van Hasmóna af opgebreek en laer opgeslaan in Móserot.
31. En hulle het van Móserot af opgebreek en laer opgeslaan in Bené-Jáäkan.
32. En hulle het van Bené-Jáäkan af opgebreek en laer opgeslaan in Hor-Hággidgad.
33. En hulle het van Hor-Hággidgad af opgebreek en laer opgeslaan in Jotbáta.
34. En hulle het van Jotbáta af opgebreek en laer opgeslaan in Abróna.
35. En hulle het van Abróna af opgebreek en laer opgeslaan in Éseon-Geber.
36. En hulle het van Éseon-Geber af opgebreek en laer opgeslaan in die woestyn Sin, dit is Kades.
37. En hulle het van Kades af opgebreek en laer opgeslaan by die berg Hor, aan die kant van die land Edom.
38. Toe het die priester Aäron volgens die bevel van die Here op die berg Hor geklim en daar gesterwe, in die veertigste jaar ná die uittog van die kinders van Israel uit Egipteland, in die vyfde maand, op die eerste van die maand.
39. En Aäron was honderd-drie-en-twintig jaar oud toe hy op die berg Hor gesterf het.
40. En die Kanaäniet, die koning van Arad, wat in die Suidland in die land Kanaän gewoon het, het gehoor dat die kinders van Israel aankom.