Númeri 32:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN die kinders van Ruben en die kinders van Gad het baie vee gehad, ’n groot menigte. En toe hulle die land van Jaéser en die land Gílead bekyk het, vind hulle uit dat die plek ’n plek vir vee was.

2. Daarop het die kinders van Gad en die kinders van Ruben gekom en met Moses en die priester Eleásar en met die owerstes van die vergadering gespreek en gesê:

3. Átarot en Dibon en Jaéser en Nimra en Hesbon en Eleále en Sebam en Nebo en Behon —

4. die land wat die Here voor die vergadering van Israel uit verower het — is ’n land vir vee, en u dienaars het vee.

5. Verder het hulle gesê: As ons genade in u oë gevind het, laat hierdie land aan u dienaars as ’n besitting gegee word; bring ons nie oor die Jordaan nie.

6. Maar Moses het die kinders van Gad en die kinders van Ruben geantwoord: Sal julle broers oorlog toe trek, en wil júlle hier bly?

Númeri 32