50. Daarom bring elkeen van ons as offer aan die Here wat hy aan goue goed gevind het: armkettings en armbande, vingerringe, oorringe en halssierade, om versoening te doen vir ons siele voor die aangesig van die Here.
51. Toe het Moses en die priester Eleásar die goud, allerhande kunsvoorwerpe, van hulle aangeneem.
52. En al die goud van die offergawe wat hulle aan die Here afgegee het, was sestienduisend-sewehonderd-en-vyftig sikkels, afkomstig van die owerstes oor duisend en die owerstes oor honderd.
53. Die krygsmanne het elkeen na welgevalle buitgemaak.