Númeri 29:33-40 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

33. en hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die daarvoor geldende voorskrif;

34. en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort.

35. Op die agtste dag moet daar vir julle ’n feestyd wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.

36. En julle moet as brandoffer, as vuuroffer van lieflike geur aan die Here bring: een bul, een ram, sewe jaaroud lammers sonder gebrek;

37. hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bul, die ram en die lammers, na hulle getal, volgens die voorskrif;

38. en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, en die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort.

39. Dit moet julle tot eer van die Here op jul feestye berei, behalwe julle geloftes en julle vrywillige gawes, of dit al brandoffers is of spysoffers of drankoffers of dankoffers.

40. En Moses het aan die kinders van Israel alles gesê net soos die Here Moses beveel het.

Númeri 29