23. Verder op die vierde dag: tien bulle, twee ramme, veertien jaaroud lammers sonder gebrek;
24. hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die voorskrif;
25. en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort.
26. En op die vyfde dag: nege bulle, twee ramme en veertien jaaroud lammers sonder gebrek;
27. en hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die voorskrif;
28. en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, en die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort.
29. Daarna op die sesde dag: agt bulle, twee ramme, veertien jaaroud lammers sonder gebrek;
30. en hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die voorskrif;
31. en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort.
32. En op die sewende dag: sewe bulle, twee ramme, veertien jaaroud lammers sonder gebrek;
33. en hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die daarvoor geldende voorskrif;
34. en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort.
35. Op die agtste dag moet daar vir julle ’n feestyd wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.
36. En julle moet as brandoffer, as vuuroffer van lieflike geur aan die Here bring: een bul, een ram, sewe jaaroud lammers sonder gebrek;