19. en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffers, en die spysoffer en drankoffers wat daarby behoort.
20. En op die derde dag: elf bulle, twee ramme, veertien jaaroud lammers sonder gebrek;
21. en hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die voorskrif;
22. en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, en die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort.
23. Verder op die vierde dag: tien bulle, twee ramme, veertien jaaroud lammers sonder gebrek;
24. hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die voorskrif;
25. en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort.
26. En op die vyfde dag: nege bulle, twee ramme en veertien jaaroud lammers sonder gebrek;
27. en hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die voorskrif;