16. EN in die eerste maand, op die veertiende dag van die maand, is die pasga van die Here.
17. En op die vyftiende dag van hierdie maand is dit fees; sewe dae lank moet ongesuurde brode geëet word.
18. Op die eerste dag moet daar ’n heilige samekoms wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.
19. Maar julle moet as vuuroffer, as brandoffer aan die Here bring: twee jong bulle en een ram en sewe jaaroud lammers; sonder gebrek moet hulle vir julle wees.
20. En hulle spysoffer fynmeel met olie gemeng: drie-tiendes van ’n efa vir ’n bul en twee-tiendes vir ’n ram moet julle berei.