Númeri 27:2-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. en hulle het gaan staan voor Moses en die priester Eleásar en voor die owerstes en die hele vergadering, by die ingang van die tent van samekoms, en gesê:

3. Ons vader het in die woestyn gesterwe, en hy het nie behoort by die bende van die wat teen die Here vergader het in die bende van Korag nie, maar hy het om sy sonde ontwil gesterwe en geen seuns gehad nie.

4. Waarom sou die naam van ons vader uit sy geslag weggeneem word, omdat hy geen seun gehad het nie? Gee ons ’n besitting onder die broers van ons vader.

5. Toe bring Moses hulle regsaak voor die aangesig van die Here.

Númeri 27