48. Die seuns van Náftali volgens hulle geslagte: van Jágseël die geslag van die Jagseëliete; van Guni die geslag van die Guniete;
49. van Jeser die geslag van die Jisriete; van Sillem die geslag van die Sillemiete.
50. Dit is die geslagte van Náftali volgens hulle geslagte; en hulle geteldes was vyf-en-veertigduisend-vierhonderd.
51. Dit is die geteldes van die kinders van Israel: seshonderd-en-eenduisend-sewehonderd-en-dertig.
52. En die Here het met Moses gespreek en gesê:
53. Vir hierdie mense moet die land as erfenis verdeel word volgens die getal name.
54. Vir die wat baie is, moet jy hulle erfdeel groot maak; en vir die wat min is, moet jy hulle erfdeel klein maak; aan elke stam moet sy erfdeel volgens sy geteldes gegee word.
55. Nogtans moet die land deur die lot verdeel word; volgens die name van hulle voorvaderlike stamme moet hulle erwe.
56. Volgens die lot moet hulle erfenis verdeel word tussen die wat baie en die wat min is.
57. En dit is die geteldes van Levi volgens hulle geslagte: van Gerson die geslag van die Gersoniete; van Kehat die geslag van die Kehatiete; van Merári die geslag van die Merariete.
58. Dit is die geslagte van Levi: die geslag van die Libniete, die geslag van die Hebroniete, die geslag van die Magliete, die geslag van die Musiete, die geslag van die Koragiete. En Kehat was die vader van Amram.