Númeri 26:24-29 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

24. van Jasub die geslag van die Jasubiete; van Simron die geslag van die Simroniete.

25. Dit is die geslagte van Íssaskar volgens hulle geteldes, vier-en-sestigduisend-driehonderd.

26. Die seuns van Sébulon volgens hulle geslagte: van Sered die geslag van die Sardiete; van Elon die geslag van die Eloniete; van Jágleël die geslag van die Jagleëliete.

27. Dit is die geslagte van die Sebuloniete volgens hulle geteldes, sestigduisend-vyfhonderd.

28. Die seuns van Josef volgens hulle geslagte was: Manasse en Efraim.

29. Die seuns van Manasse: van Magir die geslag van die Magiriete. En Magir was die vader van Gílead; van Gílead die geslag van die Gileadiete.

Númeri 26