Númeri 25:6-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

6. En daar het ’n man gekom, een uit die kinders van Israel, en ’n Midianitiese vrou na sy volksgenote gebring, voor die oë van Moses en voor die oë van die hele vergadering van die kinders van Israel, terwyl hulle ween by die ingang van die tent van samekoms.

7. Toe Pínehas, die seun van Eleásar, die seun van die priester Aäron, dit sien, het hy uit die vergadering uit opgestaan en ’n spies in sy hand geneem

8. en agter die Israelitiese man aan gegaan in die tent en hulle twee deurboor, die Israelitiese man en die vrou, in haar onderlyf. Daarna het die plaag onder die kinders van Israel opgehou.

9. En die wat deur die plaag gesterf het, was vier-en-twintigduisend.

10. Toe het die Here met Moses gespreek en gesê:

Númeri 25