Númeri 24:1-3 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. TOE Bíleam sien dat dit goed was in die oë van die Here om Israel te seën, het hy hom nie soos die vorige kere tot towery gewend nie, maar sy gesig na die woestyn gedraai.

2. Toe Bíleam sy oë opslaan en Israel sien soos hy volgens sy stamme in die laer staan, het die Gees van God op hom gekom.

3. En hy het sy spreuk aangehef en gesê: Bíleam, die seun van Beor, spreek, en die man met geopende oog spreek.

Númeri 24